Tuesday 17 February 2015

Alles-in-een-ontbyt



Alles-in-een-ontbyt
GENOEG VIR 4 MENSE
 Bereiding: 15 min.
 Gaarmaaktyd: 20 min.
WORSMENGSEL
 6 eiers, hardgekook en afgedop
 sout en pas gemaalde peper
 4 Russiese worsies, in skyfies gesny
SOUS
 500 ml (2 k) dik, klaarbereide witsous
 1 blik (410 g) geroomde pitmielies
 10 ml (2 t) mosterdpoeier
 paar druppels
 tabascosous
 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak met kossproei.
1.Worsmengsel Sny die eiers in skywe en pak in die oondbak. Geur met die sout en peper en versprei die
2.worsies bo-op.
3.Sous Meng al die bestanddele goed, maar hou 60 ml (¼ k) van die kaas eenkant.
4.Giet die sous oor die worsies en sprinkel die orige kaas bo-oor.
5.Bak 20 minute of tot goudbuin bo-op.
6.Sit voor saam met vars basilie.