Monday 16 February 2015

Gebakte Suurlemoentert



Gebakte Suurlemoentert

Soetdeeg: 350g Botter, baie koud
75g Yswater
450g Koekmeel
Sout na smaak
12 g Strooisuiker

Vulsel:
7 Eiers
280g Strooisuiker
350ml Vars Room
125ml Vars Suurlemoensap
Skil van 1 Suurlemoen, gerasper
Vars Bessies vir bediening

-Vir die soetdeeg: Plaas die Koekmeel in ‘n groot mengbak en rasper die koue Botter bo-oor die meel. Meng baie versigtig met jou hande totdat die Botter met Meel bedek is. Begin nou die mengsel liggies tussen jou hande vryf totdat dit soos broodkrummels lyk.
-Voeg die Water by en meng vlugtig totdat die deeg bymekaar kom. Keer die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vorm in ‘n plat sirkel. Dit sal verseker dat die uitrol makliker is. Bedek met kleefplastiek en verkoel vir n paar uur.
-Sodra die deeg ferm is kan jy dit versigtig uitrol in ‘n groot sirkel wat die koekpan en die kante sal uitvoer.
-Plaas die koekpan met die deeg in die yskas vir 20 minutes om af te koel.
-Verwyder uit die koekpan en voer dit uit met bakpapier en vul die pan met Bone of Rys.
-Plaas in ‘n voorverhitte oond van 180°C en bak vir 15 minute. Verwyder uit die oond en verwyder die Bone en Bakpapier versigtig.
-Gebruik ‘n Vurk en prik die bodem van die kors ‘n paar keer. Dit sal verhoed dat die bodem nie oplig tydens die volgende bakproses nie.
-Plaas die tertdeeg terug in die oond en bak vir 10 minute totdat dit net begin verkleur. Verwyder uit die oond en laat afkoel.
-Vir die vulsel: Plaas die Eiers & Suiker tesame in ‘n mengbak en klits om te vermeng. Voeg nou die res van die bestanddele by en meng, probeer om nie te veel lugborrels in die beslag te kry nie.
-Verlaag die oondtemperatuur tot 120°C.
Gooi die Eiermengsel in die gebakte tertkors en plaas in die oond.
Bak vir sowat ‘n uur of totdat die middel net begin stol het.
-Verwyder die tert uit die oond en laat afkoel vir sowat ‘n uur of meer voordat jy dit bedien met die vars bessies of vrugte.