Thursday 19 February 2015

Aartappelkoekies





Aartappelkoekies
500 g aartappels, geskil en in kwarte gesny
sout na smaak
15 ml botter
2 ml sout...
1 knypie witpeper
1 knypie neutmuskaat
1 heel eier, liggies geklits
1 eiergeel, liggies geklits
10 ml gekapte pietersielie

100 g Cheddarkaas, in 1 cm-blokkies gesny
1 sirkel fetakaas, grof gekrummel
50 ml sondroë-tamaties, grof gekap
sowat 100 ml koekmeel
1 eier, geklits
sowat 125 ml droë broodkrummels
sonneblomolie vir braai
Kook die aartappels sag in water wat met sout gegeur is. Dreineer goed, plaas terug in die kastrol en skud oor lae hitte totdat die aartappels heeltemal droog is. Druk die aartappels heeltemal fyn en klits met ’n houtlepel tot baie glad. Voeg die botter, sout, peper, neutmuskaat, eiers en pietersielie by en meng goed. Voeg nog sout by indien nodig, roer die kaasblokkies, fetakaas en tamatie liggies deur en laat afkoel.
Verdeel die mengsel in vyf gelyke dele. Vorm dit in netjiese koekies met effens meelbedekte hande. Sprinkel met meel, doop eers in die geklitste eier en dan in die broodkrummels. Bedek en plaas minstens 2 uur in die yskas. Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepbraai tot matig warm. Braai die koekies slegs ’n paar op ’n slag tot goudbruin en bros. Dreineer op papierhandoeke en sit dit voor met ’n vars slaai.