Wednesday 3 December 2014

Vinnige voor-die-lessenaar ontbyt





Vinnige voor-die-lessenaar ontbyt

 


Bestanddele
6 snye bruinbrood
12 snytjies ham
2 e (30 ml) botter
6 knopiesampioene, in kwarte gesny
sout en swart peper
6 kersietamaties, gehalveer
6 eiers
± 2 e (30 ml) gekapte grasuie
1 k (250 ml) cheddarkaas, gerasper

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit 6 oondvastebakkies, ramekins of koffiekoppies (±200 ml volumemaat) met kleefwerende sproei.
Voer elke bakkie met ‘n sny bruinbrood uit, gevolg deur 2 snytjies ham.
Verhit die botter in ‘n braaipan en braai die sampioene vir 3-5 minute tot goudbruin en gaar.
Geur goed met sout en swartpeper.
Verdeel die sampioene tussen die 6 bakkies en plaas 2 halwe tamaties in elkeen.
Breek ‘n eier in elke bakkie en sprinkel met grasuie en kaas.
Bak in die oond vir 7-10 minute of tot die eier gestol is.
Bedien warm.