Wednesday 3 December 2014

Ann se oupa-aspersie pasta




Ann se oupa-aspersie pasta
Bestanddele
200 g spaghetti
 ½ koppie tamatiepuree
 1 teelepel gedroogde pietersielie
 1 teelepel botter
 1 tamatie, gekap
 sout
 bietjie suiker
 vars aspersies

Metode
Gebruik net die helfte van die water waarin jy gewoonlik die pasta kook.
 Voeg al die bestanddele in die water, behalwe die aspersies.
 Kook die paste tot al dente.
 Braai intussen die aspersies in botter tot gaar.
 Gooi die water van pasta af.
 Meng die aspersies met die pasta.
 Rasper kaas oor, of sit 'n bietjie Bulgaarse joghurt by.