Wednesday 3 December 2014

BROCCOLI SLAAI




BROCCOLI SLAAI
2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 ...broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny

Sous:
250 ml mayonnaise of 1/2 ongegeurde joghurt en 1/2 mayo
100 ml kondensmelk
Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner
stukkies. Kook die broccoli + blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute.(jy blansjeer basies die broccoli en kool - kook net op)
Dreineer in 'n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros
Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die
kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai.
Verkoel voor opdiening.
Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor.
Gooi gerus paar rosyntjies ook by !!!
Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous. By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om "te trek" vir optimale geur
Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droe mostert
klits alles goed saam en gooi oor slaai