Wednesday 3 December 2014

Piekeleiers met beet, kardemom en anys




Piekeleiers met beet, kardemom en anys
Genoeg vir: 6 eiers
Bereidingstyd: 30 minute
Bestanddele:
• 6 hardgekookte eiers, afgedop
• 250 ml appelasyn
• ½ ui, gesny
• 250 ml beetsap (beetkookvloeistof of die sap van geblikte of gebottelde beet)
• 80 ml suiker
• 3 kardemompeule
• 1 steranys
• 1 groot beet, geskil en in blokkies gesny
1 Pak die eiers in ’n groot genoeg glasfles.
2 Verhit die asyn, ui, beetvloeistof, suiker en speserye tot kookpunt in ’n kastrol en roer totdat die suiker opgelos is. Laat prut dit vir sowat 5 minute en giet dit dan oor die eiers. Skep die beetblokkies ook in die fles – dit help met die kleur. Seël die fles en bêre dit vir tot ’n maand lank in die yskas.
3 Die piekeleiers is na sowat 2–3 dae gereed om te eet. Onthou, Gemarineerde sampioene met hoe langer die eiers in die pekel bly, hoe rooier sal hulle word.