Monday 8 December 2014

Aarbei-likeur-koekstruif




Aarbei-likeur-koekstruif

Maak: 6 individuele nageregte
Bereidingstyd:
15 minute, plus stoltyd

• 650 ml bessiesap
• 12 ml gelatien
• 100 ml bessielikeur of medium sjerrie
• 250 g aarbeie, opgesny
• 8 mini-karamel-rolkoeke, opgesny
• 500 ml klaargemaakte vla
• 250 ml room, geklop

1 Jellie Hou 50 ml sap uit. Gooi 100 ml sap oor die gelatien. Laat week vir 15 minute en mikrogolf dan tot gesmelt. Roer van die orige sap by die warm mengsel, en roer dit dan by die orige 500 ml sap. Voeg 20 ml likeur by die sap wat jy uitgehou het en sit dit eenkant. Voeg die res van die likeur by die jelliemengsel.

2 Rangskik die aarbeie in individuele glase of in ’n groot glasbak. Gooi die jelliemengsel oor die bessies en laat stol in die yskas.

3 Pak snye koek in ’n laag bo-op die jellie. Drup die sapmengsel wat jy uitgehou het oor. Skep ’n lag vla bo-op en rond af met room. Hou in die yskas tot jy gereed is.