Monday 8 December 2014

KRUISEMENT JELLIE




KRUISEMENT JELLIE
1 k appelsap
200ml witsuiker
2 t pektien
1 k witwyn
1 k kruisementblare
METODE:
Verhit die appelsap tot kookpunt en prut tot die helfte weggekook het.
Meng die suiker en die pektien in ‘n mengbak en voeg die warm appelsap by
 Plaas terug in die kastrol en voeg die witwyn by. 
Prut 5 minute en voeg die kruisementblare by.
Prut nog ‘n 1 minuut en verwerk dan liggies met ‘n stokmenger.
Giet jellie deur ‘n moeselienlap of fyn sif.
 Skep in gesteriliseerde flessies en seël dig.
Bron: Pasella Resepte