Tuesday 25 November 2014

Vanielje-koekies




Vanielje-koekies
Maak: omtrent 20
Bereidingstyd:
30 minute, plus yskastyd
Baktyd:
10-12 minute
Oondtemperatuur:
170 °C

• 130 ml (120 g) botter
• 80 ml (70 g) strooisuiker
• 330 ml (180 g) koekmeel
• 1 groot eiergeel
• 5 ml vanieljegeursel

1 Klits die botter en suiker saam tot lig. Klits die eiergeel en vanielje by. Voeg die meel by en roer tot ’n sagte deeg. Draai in kleefplastiek toe en sit vir ’n uur in die yskas.

2 Rol die deeg uit tussen twee velle kleefplastiek. Sny vorms daaruit met ’n koekiedrukker. Pak op ’n gesmeerde bakplaat en bak vir 10 tot 12 minute in die verhitte oond. Haal van die bakplaat af en laat op draadrakkies afkoel. Versier met harde versiersel.