Tuesday 25 November 2014

Tuisgemaakte oreo's



Tuisgemaakte oreo's

12 koekies
• 155 g botter
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 100 ml kakaopoeier
• 60 ml strooisuiker
• 45 ml water
Vulsel
• 250 g roomkaas
• 100 g versiersuiker
• 10 ml rooi koskleursel
Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die koekie-bestanddele in ’n
voedselverwerker.Verwerk op hoë spoed tot alles in een bal saamkom. Laat rus
in yskas vir 20 minute. Rol sowat 3 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak
uit. Druk met 8 cm-koekiedrukker 24 sirkels. Plaas op bakplaat wat met
kleefwerende kossproei gespuit is. ( Jy kan patrone in die koekies druk met
’n koekie-stempel.) Bak vir 10 – 12 minute of tot goudbruin en bros. Laat afkoel.
Vulsel Plaas bestanddele vir vulsel in middelgroot mengbak en klits met
handklitser tot romerig en goed gemeng. Skep lepels vol op 12 koekie-helftes.
Plaas ander helftes bo-op. Sit voor