Tuesday 25 November 2014

Gebakte aartappelrolle



Gebakte aartappelrolle

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 40-60 min.

AARTAPPELS
6 groot aartappels, skoongeskrop
sout
WORS
6 varkworsies
VIR VOORSIT
125 ml (½ k) suurroom
45 ml (3 e) gekapte grasuie of stingeluie
Voorverhit die oond tot 190 °C.
  1. Aartappels Prik die aartappels met ’n vurk en sprinkel sout oor. Pak op ’n bakplaat en bak 40-60 minute of tot die aartappels sag en gaar is. Halveer, maar moenie deursny nie.
  2. Wors Braai die worsies in ’n pan tot gaar.
  3. Vir voorsit Plaas ’n worsie in elke aartappel. Meng die suurroom en gekapte uie en skep bo-op.