Friday 14 November 2014

Vanielje-koekies met droëvrugte



Vanielje-koekies met droëvrugte
Maak: omtrent 70
Bereidingstyd: 20 minute, plus yskastyd...
Baktyd: 8-10 minute
Oondtemperatuur: 180 oC

• 125 g (135 ml) sagte botter
• 110 g (125 ml) suiker-plaasvervanger (ons het Sugalite gebruik)
• 10 ml vanieljegeursel
• 1 groot eier, teen kamertemperatuur
• 270 g (500 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• omtrent 15 ml melk
• 250 ml droëvrugte, gekap (ons het appelkose en bosbessies gebruik)
1 Room die botter en suiker-plaasvervanger saam tot lig. Voeg die vanielje en eier by en klits goed.
2 Voeg die meel en bakpoeier by en roer tot ’n sagte deeg. Voeg melk by indien nodig. Voeg die droë- vrugte by. Draai in kleefplastiek toe en sit vir 30 minute in die yskas.
3 Rol die deeg uit op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gestrooi het en sny vorms daaruit met ’n koekiedrukker. Pak die koekies op ’n gevoerde bakplaat en bak dit in die verhitte oond vir agt tot 10 minute of tot goudkleurig. Laat op ’n draadrakkie afkoel.