Friday 14 November 2014

Sjokolade-brownie-happies




Sjokolade-brownie-happies
Maak: 36
Bereidingstyd: 10 minute...
Baktyd: 5-7 minute
Oondtemperatuur: 160 oC

• 3-5 ml stevia-poeier (by gesondheidswinkels te kry)
• 200 g (375 ml) koekmeel
• 50 g (150 ml) kakao, plus ekstra om oor te strooi
• 2,5 ml bakpoeier
• 230 g (250 ml) botter of bak-margarien, gesmelt
• 3 groot eiers
• 10 ml vanieljegeursel
• 85 g sjokolade vir diabete, gekap
• 50 g haselneute, grofweg gekap
1 Meng die droë bestanddele saam. Meng die botter, eiers en vanielje in ’n aparte bak saam.
2 Gooi die vloeibare mengsel by die droë mengsel en roer tot net gemeng. Voeg die gekapte sjokolade en neute by en roer net een of twee keer.
3 Skep in liggies gesmeerde vlak kolwyntjie- of mini-muffinpanne en bak vir vyf tot sewe minute of tot net gaar. Moenie dit te lank bak nie, want dit sal uitdroog. Laat op ’n draadrakkie afkoel en strooi dan nog kakao oor, as jy wil.