Friday 14 November 2014

Diabetes Smaak Na Meer Speksouttert







Diabetes Smaak Na Meer Speksouttert
Lewer 1 tert (12 porsies)
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
...
KORS
375 ml (1½ k) lae-GI-brood, fyn gekrummel
60 ml (¼ k) koekmeel
250 ml (1 k) hawermout, effe gerooster
5 ml (1 t) gemengde kruie
sout en peper
2 eierwitte, effe geklits
VULSEL
2-3 repies rugspek met min vet
4 murgpampoentjies, gerasper
1 ui, gekap
2 wortels, geskraap en gerasper
2 groot knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml (2 e) olyfolie
100 g spinasie of kopkool, goed afgewas en fyn gekap
10 ml (2 t) elk gerasperde suurlemoenskil en -sap
45 ml (3 e) pietersielie, gekap
80 ml (¹/³ k) natuurlike jogurt
125 g gladde laevetmaaskaas
2 eiers, geklits
5 ml (1 t) mielieblom
sout en peper na smaak
60 ml (¼ k) gerasperde mozzarellakaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n 20 cm-losboompan.
KORS Meng al die bestanddele en druk op die boom en teen die kante van ’n tertpan vas. Verkoel en prik die kors.
VULSEL Braai die spek tot net gaar, skep uit en kap fyn. Roerbraai die murgpampoentjies, ui, wortels en knoffel in die verhitte olyfolie tot net sag.
Voeg die spinasie by en verhit tot dit verwelk het. Meng die skil, sap en pietersielie by.
Meng die jogurt, maaskaas, eiers en mielieblom. Meng die spek en groente by. Geur.
Skep op die kors, maak gelyk en sprinkel die kaas oor. Bak 40 minute. Laat afkoel en sit voor met roketblare.
Huisgenoot