Monday 10 November 2014

ENGELTJIE VAN PAPIER




ENGELTJIE VAN PAPIER
Benodigdhede
Geverfde kraalgesiggies, hare en verevlerkies (by uitsoek-stokperdjiewinkels); goue doilies; Bostik Clear Gel; klein skerp skêr.
Maak só
Knip die binnedeel van die doilie uit (anders is die rokkie te groot). Vou plooie in die doilie om die rokkie te maak. Druk die bo-punt van die rokkie in ’n skerp punt, smeer met gom en druk in die kraalgaatjie. Knip die haarlokke tot die verlangde lengte en gom vas. Jy kan ook self ’n gesiggie met ’n permanente pen op ’n houtkraal teken en ’n potskuurder (Goldilocks) vir hare gebruik.
(Sarie 2008)