Monday 10 November 2014

Kersfees Kousies




Kersfees Kousies
Materiaal gebruik: Elle Premier Katoen 4draad en 3mm hekelpen.
Ry 1: Begin met 'n garesirkel, 1ks, werk 12hlb in sirkel, gs in 1e hlb, 1ks.
...
Ry 2: Vermeerder in elke 2e hlb soos volg: [1hlb, 2hlb in vlg hlb]; herh tot einde van ry, gs in 1e hlb. [18hlb in ry]
Ry 3 - 5: 1ks, 1hlb in elke hlb, gs in 1e hlb. [18hlb in ry]
Ry 6 - 8 : 1ks, 10hlb, 1ks, draai, vou agterste naat met regte kante na mekaar en glipsteek naat tesame of knip draad en werk agterste naat aan mekaar vas.
Ry 9: Las draad in steek wat regs langs agterste naat is, 1ks, werk nou weer 18hlb reg rondom soos volg: 5 steke aan sykante elk en 8 hlb aan bokant van kous.
Ry 10 - 16: 1ks, hlb in elk van 17hlb, gs in 1e hlb.
Randjie: kb in gs van vorige ry, *1ks, 3lb in dies st, slaan 2 hlb oor kb in vlg hlb, herh tot einde van ry. Heg af. Vou randjie om. Hekel nou 16 ks en gebruik as lussie waaraan kousie opgehang kan word. Ryg deur agter aan bokant van kousie en werk alle los drade weg.
Blommetjie: [6ks, gs in 1e ks] herh nog 4 keer en heg af. Trek blommetjie stewig vas en werk vas aan kous.
(http://hekelidees.blogspot.com/)