Tuesday 25 November 2014

Basiese Brandsous




Basiese Brandsous
BestanddeIe:
500 g ontstingelde vars rissies (gebruik een variëteit of ‘n mengsel)
2 eetlepels seesout
1½ koppie witasyn

...
Metode:
Pols die rissies en sout in ‘n voedselverwerker tot ‘n growwe puree. Gooi uit in ‘n eenliterglasfles, skroef die deksel lossies op en laat staan 12 uur lank by kamertemperatuur om effens te gis. Roer die asyn by en skroef die deksel lossies op. Laat staan die mengsel minstens ‘n dag tot hoogstens sewe dae by kamertemperatuur. (Proe daagliks daaraan; hoe langer dit staan, hoe meer verdiep die geur.) Verwerk die mengsel in ‘n voedselverwerker of versapper tot ‘n gladde puree. Giet die mengsel deur ‘n sif in ‘n skoon glasbottel. (Die brandsous sal dunner raak en kan skei nadat dit deurgegiet is. Skud dit baie goed voor gebruik.)