Tuesday 25 November 2014

Ongebakte Vrugtekoek.




Ongebakte Vrugtekoek.
 
Bestanddele:
2 pakkies Tennis of Marie beskuitjies
1 k kersies (gehalveer)
60 g droë vrugtekoek mengsel
50 g gekapte neute
1 blikkie kondensmelk

110 g botter
250 g sjokolade
2 t vanilla geursel

Metode:
Voer 'n broodpan - 21×11 cm uit met kleefpapier (clingwrap) en spuit met kossproei. Breek die beskuitjies in stukkies. Meng die kersies, vrugtekoek mengsel en gekapte neute saam in 'n mengbak. Meng die kondensmelk, botter, sjokolade en vanilla geursel saam in 'n kastrol en verhit tot gesmelt. Voeg die gebreekte koekies by en meng goed deur en skep in broodpan. Druk netjies plat en verkoel 2-3 ure. Haal uit pan met kleefpapier. Verwyder kleefpapier en sny in skywe.

**Resep en formaat aangepas vir gebruik deur KvK**...