Wednesday 29 October 2014

Somerson Uitpakslaai met Lemoen en Heuning Vinaigrette





Somerson Uitpakslaai met Lemoen en Heuning Vinaigrette
Saamgestel deur: Lorraine Swanepoel en Orscilla Hitchcock
Porsies: 8
Bestanddele
6 lemoene...
15 ml vanieljepasta
25 ml vars roosmaryn, fyngekap

4 rooi pruime
1 groot papino of papaja
200 g gedroogde appelkose
100 ml brandewyn
100 ml water
100 ml heuning
250 g murgpampoentjies
50 ml olyfolie
250 g babamielies, gehalveer
1 groot komkommer, in blokkies gesny
250 g wortels, in stokkies gesny
200 g okkerneute
15 ml paprika
10 ml soetrissiepoeier
5 ml fyn gemmer
5 ml sout
25 ml olyfolie
Instruksies
1. Skil die lemoene en sny in segmente.
2. Sny die pruime in skywe.
3. Skil die papino/papaja en sny in lang skywe
4. Plaas die appelkose, brandewyn, water en heuning saam in ‘n klein kastrol. Kook die mengsel totdat die appelkose sag is. Hou eenkant.
4. Sny die murgpampoentjies in linte met ‘n groenteskiller. Verf die linte liggies met olyfolie en plaas op ‘n riffelpan. Braai tot swart riffelmerke daarop wys.
5. Meng die okkerneute, paprika, soetrissiepoeier, gemmer, sout en olyfolie en rooster tot goudbruin.
6. Pak al die elemente in hopies bo-op ‘n bed vars roketblare en blaarslaa