Wednesday 29 October 2014

PAMPOENKOEKIES-IN-DIE-OOND





PAMPOENKOEKIES-IN-DIE-OOND
‘n Minder “sondige” weergawe van die tradisionele diepgebraaide pampoenkoekies …
125g sagte botter/margarien...
200 ml suiker
3 eiers
1 koppie (250ml) koekmeelblom
15ml bakpoeier

2 ml sout
3 koppies (750 ml) gaar fyn pampoen
5 ml vanieljegeursel
fyn kaneel
Sous
4 eiers
1 koppie (250ml) water
1 koppie (250ml) suiker
knippie sout
1 opgehoopte eetlepel maizena
½ koppie (125ml) suurlemoensap
Verhit oond tot 180°C. Klits botter, suiker en eiers saam. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Meng dit by die eiermengsel. Voeg fyn pampoen (koud of warm) en vanieljegeursel by. Meng goed deur. Skep mengsel in gesmeerde muffinpannetjies. Bak tot gaar. Laat staan om af te koel. Meng al die bestanddele van die sous saam. Kook die sous oor matige hitte en roer gedurig tot dikkerig. Skep lepelsvol oor die gaar pampoenkoekies en besprinkel met kaneelsuiker. Die pampoenkoekies vries baie goed. Die sous kan in yskas gebêre word om weer te gebruik