Wednesday 29 October 2014

JANE SE VLEISLOSE FRIKADELLE




JANE SE VLEISLOSE FRIKADELLE: [RSG RESEPTE]
BENODIG:
2 koppies Cream Crackers, in stukkies gebreek
6 eiers
knippie knoffelsout...
1 uit, opgekap
1 koppie Cheddarkaas, gerasper
olie
1 blik tamatieroomsop
1 blik water
1 x 60g blikkie tamatiepasta

knippie suiker
MAAK DAN SO:
Meng die Cream Crackers met die knoffelsout, eiers, kaas en helfte van die ui.
Rol dit in balletjies.
Sit eenkant.
Braai die ander helfte van die ui in 'n pan en voeg die tamatieroomsop, water, (vul die houer waarin die sop was), tamatiepasta en suiker by.
Laat dit saggies prut.
Braai die Cream Cracker-balletjies in olie tot ligbruin.
Dreineer op 'n papierservet.
Sit dit in die tamatiemengsel.
Dit sal 'n bietjie van die sous absorbeer.
Bedien warm of koud.