Wednesday 8 October 2014

Maklike Benedict-eiers




Maklike Benedict-eiers
Genoeg vir:4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 2-3 minute (vir die eiers)
4 Engelse muffins of sagte broodrolletjies, gehalveer
 4 snytjies gerookte ham
 15 ml witwynasyn
 4 ekstragroot eiers
HOLLANDAISESOUS
 40 ml witwynasyn
 1 lourierblaar
 3 swartpeperkorrels
 2 eiergele
 100-125 g ongesoute botter, in blokkies gesny
 sout en witpeper
Maak die hollandaisesous: Verhit die witwynasyn, lourierblaar en swartpeperkorrels in die mikrogolf. Laat dit ‘n rukkie staan om die asyn te geur en giet dit dan deur ‘n sif.[divider]
Gooi die louwarm asyn by die eiergele in ‘n mengbak terwyl jy dit aanhoudend klop oor stadig pruttende water in ‘n kastrol. Maak seker die water raak nie aan die mengbak nie.[divider]
Klop die botterblokkies een-een by die eiersous – hou aan klop totdat elke blokkie smelt voordat jy nog een bygooi.[divider]
Sodra die helfte bygevoeg is, kan die res vinniger bygeklop word. Geur die sous met sout en witpeper. Rooster solank die Engelse muffins of broodrolletjies, smeer dit met botter en hou dit eenkant warm.[divider]
Posjeer die eiers in ‘n posjeerpan met water waarby asyn gevoeg is. Doen die volgende (soos op die foto) as jy nie ‘n posjeerpan het nie: Gebruik ‘n kastrol en laat die water saggies kook (“soft rolling boil”), breek ‘n eier in ‘n glasbakkie of piering en glip dit in die water deur die bakkie of piering so na moontlik aan die water te hou. Gebruik ‘n lepel om die eierwit van die begin af by die eiergeel te hou.[divider]
Laat die eiers vir 2-3 minute prut en skep uit.[divider]
Om voor te sit: Sit ‘n snytjie ham op elke muffin, skep ‘n eier bo-op en bedek dit met warm hollandaisesous. Sit dadelik voor.