Wednesday 8 October 2014

Verf metaalmeubels




Verf metaalmeubels
Jy benodig
• metaal-grondlaag
• emaljeverf in die kleur van jou keuse...
• verfstroper
• lakverdunner
• verfkwaste en sponsrollertjies

• verfbak
• plastiekvel
• verfskraper
• draadborsel
• latekshandskoene
• kaasdoek (‘mutton cloth’) of ou lap
• 80-grint-skuurpapier

1 Sit die item op ’n plastiekvel en gebruik ’n draadborsel om van al die los verf en/ of roes ontslae te raak. Verf nou ’n dik laag verfstroper oor die item aan. Ons het Plascon Removall All Purpose Paint Remover, wat omgewingsvriendelik is, gebruik. Wend dit volgens die vervaardiger se aanwysings aan.

 Metal-table-Step-1
2 Laat die item die vereiste tyd staan sodat die verfstroper met die verf kan reageer. Die verf sal begin afskilfer.

 Metal-table-Step-2
3 Trek jou latekshandskoene aan en gebruik ’n verfskraper om die verf wat loskom af te skraap. Gebruik ’n draadborsel vir die moeiliker dele.

 Metal-table-Step-3
4 Probeer soveel as moontlik van die ou verf afskraap en afborsel en laat dit droog word. Skuur dan enige oorblywende verf met 80-grint-skuurpapier af. Gebruik ’n kaasdoek en vee die hele item met lakverdunner af om enige oorblywende vuiligheid af te kry.

 Metal-table-Step-4
5 Verf die hele item met ’n metaalgrondlaag. Ons het Sentt se Anti-Rust Primer in rooi gebruik. Volg die vervaardiger se aanwysings noukeurig.

 Metal-table-Step-5
6 Sodra die grondlaag droog is, kan jy twee tot drie lae emaljeverf in die kleur van jou keuse aanwend. Ons het Dulux Gloss Enamel in Flamingo Fun 1 gebruik. Laat die verf heeltemal droog word tussen lae. Sit dan die glasblad terug of laat ’n nuwe een sny – ons s’n is van 5 mm-glas.
(Idees)