Tuesday 28 October 2014

Kaas-en-pietersieliemuffins




Kaas-en-pietersieliemuffins

Maak: 16
Bereidingstyd:
10 minute
Baktyd:
15 minute
Oondtemperatuur:
200°C

• 2 groot eiers
• 400ml melk
• 280g koekmeel
• 20ml bakpoeier
• 4ml sout
• 4ml rissiepeper
• 300g cheddar-kaas, gerasper
• 200ml grofgekapte pietersielie

1 Klop die eiers liggies en voeg genoeg melk by om 500 ml te maak.

2 Sif die droë bestanddele saam, voeg die kaas en pietersielie by en meng die vloeistof by tot die meel klam is. Moenie te veel meng nie – die beslag moet nog klonterig wees.

3 Smeer ’n muffinpan liggies en gooi die muffinmengsel in tot elke bakkie so twee derdes vol is. Bak in ’n voorverhitte oond vir 15 minute, tot goudbruin.