Tuesday 28 October 2014

Geduldige Roereiers




Geduldige Roereiers
Bestanddele
7 groot eiers
 25 ml volroommelk
 25 ml room
 20 g botter
 kypie sout
 swartpeper
 sjerrieasyn
 beurre noisette (bruinbotter) *
 baie geduld

Metode
Breek eiers in 'n glasbak.
 Voeg melk, room, botter, sout en peper by.
 Roer liggies met 'n vurk.
 Plaas die glasbak oor 'n pot met water wat liggies kook. Moenie dat die bak aan die water raak nie.
 Roer die mengsel deurlopend met 'n roerspaan.
 Kook tot die mengsel klontjies gevorm het gaar is - ongeveer 15 tot 30 minute.
 Bedien op brood of op 'n bord. Bedruip met 'n paar druppels sjerrieasyn en beurre noisette.
* Beurre noisette
 Smelt ongesoute botter in 'n pan op 'n medium hitte.
 Roer aanhoudend totdat dit bruin kleur en soos neut begin ruik.
 Haal van die stoof af en dreineer die botter deur 'n koffiefilter.