Wednesday 29 October 2014

Penne niçoise-slaai




Penne niçoise-slaai
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.
200 g volgraan-pennepasta
 200 g groenbone, skoongemaak
 2 x 185 g-blikke tunastukke, gedreineer
’n kop blaarslaai, in skywe gesny
 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
 200 g kersietamaties, in kwarte gesny
 8 ontpitte swart olywe
 1 rooi ui, in dun skywe gesny
 4 gekookte eiers, gehalveer
SOUS
 60 ml (¼ k) suurlemoensap
 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
 2 knoffelhuisies, fyngemaal
 60 ml (¼ k) olyfolie
’n hand vol kruisement, gekap
 vars gemaalde peper
1.Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en voeg die groenbone by die pot vir die laaste 3 minute se kooktyd.
2.Plaas die tuna, blaarslaai, geel soetrissie, tamaties, olywe en ui in ’n breë bak.
3.Sous Klits al die bestanddele saam en geur met peper.
4.Dreineer die pasta en bone, en voeg by die tunamengsel. Giet die sous oor en meng sagkens deur.
5.Garneer elke porsie met ’n gekookte eier en sit dadelik voor.