Wednesday 1 October 2014

1,2,3 koekstaander!




1,2,3 koekstaander!
Jy benodig
• groot bord
• kleinbordjie...
• piering
• 2 sjerrieglase (een groter as die ander een)
• sterk gom wat kleurloos is as dit droog is

1 Was die borde en glase in louwarm seepwater skoon – voeg witasyn by om van enige vetterigheid ontslae te raak – en droog dit af. Merk die borde se middelpunte.
Cake-stand-Step-1
2 Smeer gom al om die grootste glas se bo- of onderrand, afhangende van hoe jy die glas wil gebruik. Ons het Alcolin se MS37 Clear Adhesive and Sealant gebruik.
Cake-stand-Step-2
3 Plak die glas in die middel van die groot bord vas.
Cake-stand-Step-3
4 Smeer gom op die rand wat nou boontoe wys en plak die kleinbordjie daarop vas. Plak die klein glasie in die middel van die omgekeerde piering vas.
Cake-stand-Step-4
5 Plak nou die klein glasie in die middel van die kleinbordjie vas. Laat goed droog word voor jy dit gebruik.
WENK Jy kan ’n glas se afgebreekte steel gebruik om die staander te maak. Maak fyn natdroog- skuurpapier nat en skuur die steel se punt plat. Plak dan ’n kleinbordjie daarop vas vir ’n eenvoudige koekbord.
(Idees)