Wednesday 1 October 2014

Praline (Brittle)




Chef Tiaan - Praline (Brittle)
Hierdie is heerlik om net so te eet of om dit as deel van ’n nagereg of garnering te gebruik.
1 koppies geroosterde cashews & macadamia neute
1 koppie rosyne en bosbessies gemeng...
2 koppies witsuiker

Verhit ’n ‘non stick’ pan en strooi die suiker daarin. Die suiker gaan begin smelt maar moet nie roer nie, beweeg net die pan in die rondte. Al die suiker sal smelt en sodoende loperig raak en die kleur van sterk tee aanneem. Sit die neute op ’n bakplaat wat gespuit is en sprei dit goed uit. gooi nou die warm loperig suiker bo oor. Los vir ’n paar minute tot die suiker hard is. Nou kan jy die praline in stukke breek en verpak. Maak seker jy bêre dit in ’n ligdigte houer want vog gaan dit taai maak en weer laat smelt.