Wednesday 1 October 2014

GEMMERKOEKIES




GEMMERKOEKIES
8 koppies koekmeel
5 koppies suiker
500 gram margarien
1 1/2 koppie stroop,gesmelt...
2 eetlepels kremetart
2 eetlepels koeksoda

3-4 eetlepels gemmer
2 groot eiers
1 teelepel sout
METODE
Stel oond op 180 grC,bespuit plat panne goed
Smelt stroop en laat afkoel
Meng suiker en margarien goed saam,voeg die eiers 1 vir 1 by en meng goed deur
Voeg stroop by en meng
Sif al die droe bestanddele saam en meng by die margarienmengsel,maak n stywe deeg as die die te slap is voeg genoeg koekmeel by om n stywe deeg te maak
Rol in grootte balletjies en sit n ent uitmekaar,moet nie plat druk nie want dit rys vanself
Bak vir 10-12 minute of tot bruin en gaar
Laat in panne afkoel voordat dit uithaal
Baie lekker resep van gemmerkoekies