Wednesday 24 September 2014

Marmite-botter kool




Marmite-botter kool

kook die heel koolkop in liggesoute water tot sag maar nie invallend sag nie. Dreineer baie goed. Steek gate in die koolkop. Smelt 60 ml Marmite of Bovril met 50 ml botter. Gooi oor die koolkop. Rasper neutmuskaat en heelwat Parmesaan oor, peper as jy wil. Dan so 10 minute in oond om lekker goed deur warm te word. Sny in wiggies. Die botterMarmite sous giet jy sommer so oor als, dis verslawend.