Wednesday 24 September 2014

Spekkolwyntjies




Spekkolwyntjies
12 kolwyntjies

Bestanddele:
Kleefwerende sproei
6 gesnyde repe bacon
3 eetlepels gekapte grasuie
4 koppies pannekoekdeeg (deeg klaar aangemaak)
28 gram Italiaanse roomkaas of mascarpone
'n koppie suiker

2 eetlepels esdoringstroop (‘maple syrup’)

Aanwysings
Voorverhit die oond tot 230° C. Bespuit die kolwyntjiepan met kleefwerende sproei en plaas dit in die oond. Braai die spek in 'n pan vir sowat 6 minute totdat dit krakerig is.
Haal die kolwyntjiepan uit die oond en verminder die oond se hitte tot 180° C. Hou 'n eetlepel spekstukkies uit.
Meng die grasuie met die pannekoekdeeg en gooi dit in die kolwyntjiepan sodat die kolwyntjiehouertjies net sowat driekwart vol is. Bak dit vir 12 minute.
Intussen kan jy die roomkaas, suiker, esdoringstroop en die stukkies spek wat jy uitgehou het, saam meng. Roer dit goed en plaas dit eenkant.
Verkrummel die gebakte spek en plaas dit ook eenkant. Haal die kolwyntjies uit die oond en plaas dit vir sowat 10 minute op 'n afkoelrakkie. Gooi dan die mengsel op die afgekoelde kolwyntjies en sprinkel die verkrummelde stukkies spek bo-oor.
Laat dit goed afkoel en bedien dit saam met botter, konfyt