Tuesday 23 September 2014

Klapper-en-pepermentballetjies




Klapper-en-pepermentballetjies
LEWER 50 BALLETJIES
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 15 minute
.
2 pakkies (200 g) Mariebeskuitjies
1 blik (385 g) kondensmelk
250 g botter of margarien, gesmelt
2 plakke (90 g elk) pepermentsjokolade
500 ml (2 k) klapper
1.Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
2.Meng die beskuitjiekrummels, kondensmelk en gesmelte botter of margarien goed saam.
3.Rasper die sjokolade aan die growwe kant van ’n rasper en voeg by die mengsel. Meng goed.
4.Skep lepels vol van die mengsel in jou handpalm, rol in bolletjies en rol dan in die klapper. Verkoel tot stewig.