Tuesday 23 September 2014

KAASPOFFERTJIES




KAASPOFFERTJIES

1 vel (400 g) blaardeeg
150 g cheddarkaas, gerasper ...
1 eier
15 ml melk

STAP 1
Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg 'n bietjie dunner en plaas helfte van kaas op een helfte daarvan.

STAP 2
Vou toe en rol weer dun uit. Herhaal proses totdat al die kaas in die deeg ingerol is.

STAP 3
Druk vorms daaruit en plaas op 'n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Klits eier en melk saam.   Verf poffertjies met die mengsel en plaas in warm oond. Bak vir 15 - 20 minute. Hou poffertjies in 'n lugdigte  houer.


Tip:  voeg net knoffel en rissie by