Monday 22 September 2014

Corné en Cindy se marinade vir vleis of hoender



Corné en Cindy se marinade vir vleis of hoender
Jy benodig:
3 eetlepels Worcestersous
3 eetlepels blatjang
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
Knippie sout
• Voeg by ‘n opgehoopte teelepel van elk van die volgende:
• Zeal (Robertsons Spice), Chicken Spice of Barbecue Spice (Robertsons – hang af wat jy gaan braai), Ina Paarman se Lemon and Black Pepper en
Ina Paarman se Garlic & Herb.
• Meng al die bestanddele en smeer op die vleis.
• Dit werk goed as jy vleis deurnag marineer, maar as die tyd min is, stel Cindy voor dat jy dit ten minste tien minute in die marinade moet week.