Tuesday 23 September 2014

Knoffel-Kaasbroodjie




Knoffel-Kaasbroodjie
500 g Bruismeel
500 ml Karringmelk (1 Boksie)
1.5 Kop gerasperde cheddar kaas (plus bietjie ekstra vir bo-oor) ...
1 Tl Marjolein
3 Tl Knoffelvlokkies
2 Eiers
knypie sout
knypie rooi peper

1 el wit uie soppoeier
Voorverhit oond 180°C
1. Meng al die bestanddele goed saam.
2. Gooi in gesmeerde broodpan,
3. Strooi bietjie gerasperde kaas oor
4. Bak In Voorverhitte Oond Teen 180°C Vir 1 Uur.