Monday 22 September 2014

Fluweel-appeltert




Fluweel-appeltert
1 blik kondensmelk (moenie die blikkie weggooi nie!!)
2 eiers
100ml mielieblom (maizena)
15ml botter (let wel, botter – dit is ononderhandelbaar!)
5ml vanielje
Knippie sout
1 pakkie tennisbeskuitjies
6-8 Granny Smith-appels

Metode:

1. Kook die kondensmelk in ’n kastrol met 2 ½ blikkies (kondesmelkblikkie) water.
2. Meng die mielieblom en ander ½ blikkie water tot ’n pasta en voeg die geklitste eiers hierby. Gooi die kookmengsel oor die mielieblompasta en meng goed. Gooi weer terug in kastrol en kook tot verdik – roer die sout, botter en vanielje by.
3. Pak die tennisbeskuitjies onder in ’n goot glas-tertbak (ongeveer 20x30cm) en gooi die warm vulsel oor.
4. Skil die appels en sny in blokkies – kook effens gaar in water, dreineer, voeg bietjie suiker en kaneel by, verpulp die appels tot ’n growwe mousse – laat afkoel en skep bo-op vulsel. Bedien met vanieljeroom!