Monday 22 September 2014

Broodjies vir braai

 

 

Broodjies vir braai

Jy benodig:
1 pak bruin of wit brooddeeg
1 pakkie bruin uiesoppoeier (of 1 pakkie potato bake)
1 blikkie room
1 koppie gerasperde kaas
• Maak 12 ewegroot bolletjies uit die deeg en pak teen mekaar in ‘n oondpan.
• Laat rys vir sowat 20 minute.
• Strooi die uiesoppoeier (of potato bake) bo-oor, asook die blikkie room.
• Plaas ‘n hopie gerasperde kaas op elke bolletjie.
• Bak tot goudbruin en geniet!