Monday 22 September 2014

Moeder Hen se paptert




Moeder Hen se paptert
Jy benodig:
2 koppies mieliemeel
4 koppies water
Knypie sout
1 groot ui
250g spek (fyngekap)
250g sampioene (gesny)
1 blikkie heel mieliepitte (gedreineer)
2 blikkies tamatie- en uiesmoor
60 ml olie
1 koppie cheddarkaas
• Meng die mieliemeel, water en sout en kook tot gaar.
• Braai die ui, spek en sampioene in ‘n bietjie olie tot gaar en mooi bruin.
• Die paptert bestaan uit twee lae. Skep die helfte van die pap in ‘n oondvaste bak.  Gooi dan een blikkie tamatie- en uiesmoor bo-oor en die helfte van die blikkie pitmielies.
• Skep ook die helfte van die ui, spek en sampioene bo-op en versprei.
• Skep dan die res van die pap in die bak, en herhaal soos reeds genoem.  Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir ongeveer 20 tot 30 minute teen 180°C.