Thursday 14 August 2014

SUURLEMOEN MERINGUE TERTJIES




SUURLEMOEN MERINGUE TERTJIES (SUIKERVRY)
Maak: 12 tertjies
 Bereidingstyd: 30 minute
 Baktyd: 15 minute
 Oondtemperatuur: 200 C
KORS:
50 ml gesmelte laevet-margarien
 4 velle fillo
VULSEL:
 250 ml suiker-plaasvervanger met ’n xilitol-basis (ons het Suki gebruik)
 60 ml mielieblom
 2 groot omega 3-verrykte eiergele
 500 ml warm water
 80 suurlemoensap
 15 ml laevet-margarien
MERINGUE:
 2 groot eierwitte, teen kamertemperatuur
 20 ml suiker-plaasvervanger
METODE:
 Verf margarien oor ’n vel fillo en sit nog ’n vel bo-op. Herhaal met die res van die velle. Gebruik ’n kosring of ronde koekiedrukker en sny sirkels uit die deeg wat groot genoeg is om ’n muffinpan mee te voer. Bak vir sewe tot 10 minute, of tot goudkleurig.
Vulsel Meng al die bestanddele in ’n bak en sit dit oor ’n kastrol met water wat prut. Roer tot al die suiker-plaasvervanger opgelos het en die mengsel verdik. Gooi in die deegdoppies en bak vir nog vyf tot agt minute.
Meringue Klop die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Voeg die suiker-plaasvervanger bietjies-bietjies by. Skep dit op die warm vulsel of druk dit met ’n versiersak daarop uit. Bak vir drie tot vyf minute of tot goudkleurig. Laat op ’n draadrakkie afkoel.