Wednesday 20 August 2014

Nat-sjokolade brownies




Kyk net hoemaklik kan 'n mens 'n doodgewone brownie optower in iets spoggerigs
Nat-sjokolade brownies
Bestanddele:
1k botter of margarien...
1k witsuiker
1k klam bruinsuiker
6 opgehoopte eetlepels kakao

1t sout
1t vanielje- of karamelgeursel
4 eiers
1k koekmeel
Versiersuiker om bo-oor te sif
Metode:
Smelt die botter in die mikrogolf. Voeg die gesmelte botter, suiker en eiers in ’n mengbak en klits. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Smeer ’n middelslag reghoekige oondpan of vierkantige oekpan met botter en bestrooi met meel. Gooi die beslag daarin en maak die oppervlak egalig. Bak die brownies vir 15-25 minute in die oond teen 180°C. Laat afkoel en sny dan in blokkies. Raak spoggerig en sif ’n bietjie versiersuiker oor voordat jy dit voorsit.