Thursday 21 August 2014

Korslose lemoen-melktert




Korslose lemoen-melktert
LEWER 2 TERTE VAN 20 CM
 Bereiding: 40 minute
 Baktyd: 30 minute
15 g botter
 40 g suiker
 3 groot eiers, geskei
 130 g koekmeel, gesif
 knippie sout
 500 ml (2 k) melk
 250 ml (1 k) vars lemoensap
 skil van 1 lemoen
 suiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer twee tertpanne van 20 cm elk.
1.Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiergele een vir een by.
2.Voeg die meel en sout by en meng goed.
3.Voeg die melk, lemoensap en lemoenskil by en meng goed.
4.Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in.
5.Giet die mengsel in die voorbereide tertpanne en bak 30 minute tot goudkleurig en gestol.
6.Strooi ’n bietjie suiker oor wanneer dit by die oond uitkom.