Tuesday 19 August 2014

Bros hoenderrepies met parmesaankaas




Bros hoenderrepies met parmesaankaas
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Bestanddele:
• 4-6 groot ontbeende hoenderborsies
• meel
• 2 eiers, geklits
• 200 ml broodkrummels
• 50 ml gerasperde parmesaankaas
• 5 ml paprika
• 100 ml olie
• suurlemoen
1 Sny elke hoenderborsie in 3 of vier vet repe. Geur goed met sout en peper en rol in die meel. Skud oortollige meel af en doop in die eier.
2 Meng die broodkrummels, parmesaan en paprika en rol nou die eiergedoopte hoenderrepies daarin.

3 Verhit die olie in ’n swaarboom-braaipan en braai die hoender in sarsies tot goudbruin en gaar. Voeg nog olie by indien nodig en dreineer op kombuispapier. Sit voor met aartappelwiggies, oondgeroosterde groente en skyfies suurlemoen. Kruiemayonnaise is ’n lekker doopsous hierby, of jy kan die hoender saam met tamatiesous voorsit.
Wenk: Gebruik oortollige krummels bo-op ’n  groente-gratin.