Monday 4 August 2014

Martha de Lange se haddock en macaroni bak




Martha de Lange se haddock en macaroni bak

ek koop so 1 kg blok haddock hier by ons Fish King, dis sulke saam geperste - dit sny ek nog in kleiner blokkies om die kook werk makliker te maak. Dan maak ek so 1 liter lekker dik (nou nie te dik nie) wit sous en dan gooi ek 2 gekapte uie daarin (sprietuie is ook lekker) en dan gooi ek die haddock in ek kook stadig tot lekker warm, dan gooi ek die gekookte pasta ook in dieselfde pot, loer lekker deur met hand vol kaas, skep in oonbak, rasper nog kaas oor en bak tot bruin en deur warm.