Monday 4 August 2014

BOER SEEP/WASGOED SEEP

BOER SEEP/WASGOED SEEP

 
BOER SEEP:
1,75 kg harde beesvet of varkvet (uitgebraaide vet)250 g seepsoda1 liter koue water50 ml sitroenella olie (om die vet se reuk te verbloem)Geel handskoene (om jou hande te beskerm)Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Laat staan totdat dit min of meer dieselfde hitte het as die vet (as jy ‘n kook termometer het is dit ‘n pluspunt). Gooi nou die seepsodawater by die vet (en sitroenella olie) en roer totdat dit soos versuikerde heuning begin lyk ( dit vat nogals ‘n rukkie, maar moenie moedeloos word nie) gooi uit in ‘n vierkantige plastiek bak wat uitgevoer is met ‘n linnelap (die lap kan net die bodem bedek en lank genoeg wees dat jy vatplek het wanneerjy die seep uitkeer). Die mengsel behoort warmer te word as gevolg van ‘n chemiese reaksie. Sit die bak met die mengsel bo-op in hout broodplank met ‘n stainless steel skinkbord bo-oor die bak en bedek met swartsak en met ‘n kombers. Maak die seep laatmiddag en laat dit staan tot die volgende oggend. Maak die kante van die seep los van die bak en trek nou die lap aan weerskante stadig totdat dit loskom van die boom, keer die seep uit en merk die stene uit en sny met skerp mes. Laat staan vir ‘n week of wat voordat jy daarvan gebruik.
Jy behoort 12 stene uit te sny van 8 x 7 cm en omtrent 3 cm dik.

BOER SEEP:
Jy berei eerste die beesvet (tallow) voor. Tweedens voeg jy soda by die beesvet om basiese seep te maak. Derdens laat staan jy die basiese seep sodat dit die regte PH balans kan bereik en sodat dit kan verhard. Vierdens kan jy dan die basiese seep gebruik in resepte vir handgemaakte seep waarby kleursels, geursels, kruie en speserye gevoeg word.
Deel 1: Hoe om beesvet (tallow) te kook vir die maak van seep
Stap 1: Ek het 5kg se beesvet by n slagter gekoop teen R3 n kilogram. Ek het soda by Pick n Pay gekoop (by die skoonmaakmiddels rak)
Stap 2: Sny die beesvet stuk vir stuk met n skerp mes in blokkies. My man het my gehelp om die vetblokkies deur n vleismeul te druk. (jy kan die slagter vra om die vet vir jou te meul)

Stap 3: Jy kan die beesvet op jou stoof smelt of buite op n vuur. Ek het helfde van die beesvet in n groot gietyster kastrol gegooi en sowat 1,5 liter water en n handjievol sout daarby gevoeg.

 Stap 4: Roer die beesvet en water oor n matige temperatuur. Druk groterige stukkies vet plat met jou houtlepel. Moenie jou pot oorlaai nie, as dit oorkook kan dit aan die brand slaan.

Die beesvet neem so 30-40 minute of langer om goed uit te kook.

Stap 5:Wanneer al die beesvet gemelt is en meeste van die water afgekook het gooi die vet deur n sif in n bak en laat die afkoel.

In die sif sal daar stukkies vleis oorbly. Gooi dit in n bakkie en laat afkoel en voer dit vir tuinvoels of n hond.

Die afgekoelde beesvet begin stol. Nou kan jy dit in jou yskas of vrieskas bere tot jy seep gaan maak. Herhaal die proses om die orige helfde van die beesvet te smelt.
 
Basiese Seepmaak Metode gemaak van beesvet en soda:
Die resep lewer genoeg basiese seep om 24 koekies seep te maak.
Geen aluminium moet gebruik word nie, want soda reageer negatief daarmee. Soda kan jou vel en oë beskadig, en jy moet nie spat of mors nie, ook nie kinders toelaat naby dit nie. Die soda en water word warm en is giftig, so werk versigtig.
Onthou voeg altyd die water by die soda en gebruik n pyrex houer of ysterpotjie.
Jy het n termometer nodig, (nie n aluminium een nie, jy kan dit by Boardman's koop by die koekgoed rakke)
Stap 6: Gooi 751 gram gestolde beesvet in n yster kastrol en smelt dit teen n matige temperatuur.

Stap 7: Weeg 99 gram soda en voeg 291 gram water daarby. Voeg die water versigtig by die soda.

Meng dit sodat al die soda vlokkies opgelos is en laat staan op n veilige plek.

Stap 8: Gebruik die termometer, die gesmelte vet moet tussen 40 en 45 celcius wees en die soda oplossing ook. Voeg nou die soda bietjie vir bietjie by die vet, terwyl jy roer.
Stap 9: Roer die mengsel aaneenhoudend tot dit verdik en soos kitspoeding lyk, die roer neem ongeveer 30 minute.

Hieronder is n foto van seep wat vir 25 minute geroer is en die tekstuur van kits poeding het, nou is die seep reg om in jou houer te gooi.

Stap 10: Gooi die seep in n plastiek houer en maak die houer toe en draai in n kombersie of koerantpapiere toe, sodat die seep stelselmatig kan afkoel op n stil en veilige plek.
Op hierdie stadium kon jy reeds die seep gegiet het in seepvorms, maar in hierdie voorbeeld gaan ons eers die basiese seep gebruik om handgemaakte seep te maak wat gegeur is en aanvullende bestandele by het. In deel 3 maak ek bv seepvorms gemaak van karringmelk met sandlewood olie daarin sodat dit lekker ruik.

Die koek basiese seep word eenkant gesit tot dit heeltemal gestol en afgekoel is, ek het my koek seep oornag laat staan (12 ure)
Stap 11: Wanneer die koek seep reg is, haal dit uit die houer en breek in stukke op en laat staan op n koekrakkie vir ten minste een week sodat die seep kan verhard en sodat die PH balans bereik kan word.


Handgemaakte koekies seep:
Karringmelk seep resep
Ek het 6 koekies seep gemaak van karringmelk  met n sandlewood aroma.
Let wel: Vir die giet van tussen 6 en 9 koekies seep gebruik hierdie basiese resep: basiese gerasperde seep 340 gram water/vloeistof 255 gram
Jy kan koek kleursel gebruik om kleur aan seep te gee, en enige gegeurde olies.
Jy kan bv suurlemoen by die water gooi of rooswater, maar dit moet altesame 255 gram weeg.
Jy moet self eksperimenteer of soek resepte op webwerwe of in seep boeke.
Karringmelk seep resep
Hieronder is n foto van plastiek seep vorms, gerasperde seep, botteltjie sandelwood en in die fles is die benzoin poeier, die karringmelk is nie op die foto nie.
Stap 12: Rasper van die basiese seep en weeg af 340 gram daarvan.

Stap 13: Smelt 340 gram van die basiese seep oor lou tot matige hitte.
Stap 14: Voeg 255 gram karringmelk daarby en roer tot die seep n gladde romerige tekstuur het.
Voeg daarby n paar druppels sandlewood olie, jy kan n hele paar druppels sandlewood olie ingooi, maar dit hoef beslis nie meer as n kwart teelepel te wees nie, dit hang van jou af.
Voeg daarby 2 teelepels benzoin poeier (jy kan jou apteker vra om dit vir jou te bestel as dit nie in voorraad is nie, dis nie baie duur nie)

Stap 15:Gooi die karringmelk seep in vorms en laat dit staan tot dit gestol het.

Stap 16: Haal die karringmelk seep uit die vorms en plaas op n droograkkie.
Die bruin merkies in die seep is omdat ek n ou gevlekte houtlepel gebruik het, moenie dieselfde fout maak nie, gebruik n skoon lepel.
Die gaatjie in die een koekie seep is n vormpie wat ek in die seep probeer druk het, om dit mooi te laat lyk, maar dit het nie mooi gelyk nie.
Stap 17: Die seep moet nou weer deur n verdrogings en verouderings proses gaan, sodat die PH balans korrek is, laat staan die koekies seep op n droograk vir so n week as dit warm, somer en droë weer is, indien dit winter is of klam of koue weer is, neem dit tot n maand om uit te droog.

Stap 18: Die Seep is reg om te gebruik, ek het n aartappel skiller gebruik om die agterste kant van die seep glad te kerf sodat dit mooi lyk.

Jy kan die seep mooi toedraai op enige manier waarvan jy hou, dit is baie lekker geskenke vir vriendinne, susters, ma's en dogters.
Karringmelk seep is vir sensitiewe velle en jy kan jou gesig ook daarmee was. Moedig mense vir wie jy die seep gee aan om dit te gebruik !(anders pak hulle dit dalk weg om te "hou" vir eendag.)

Al 18 stappe van die seepmaak proses se fotos is geneem van my eerste poging om seep te maak, ek het baie ander seepmaak webwerwe gelees om n algehele idee te kry van die proses.
Dit was n baie lekker proses, my man het gehelp met die vet kook en het van die foto's ook geneem.
Ek gaan nog baie seep maak en sal seker met elke keer wat ek dit doen, meer ervare raak en mooier koekies seep maak !
(Indien jy n vraag het, kan jy my e-pos by i@heksie.com vriendelike groete Cindy Gertenbach)


1) WASGOED SEEP 
1 gerasperde koekie sunlight seep opgelos in 1 l kookwater. Ek smelt hom sommer dan weer in mikro en klits tot al die stukkies weg is. (Het hierdie keer die nuwe pienk, tropical sunlight gevat, sommer lekker geur en dan het jy pienk produk.1koppie wassoda (washing soda) opgelos in 1L kookwater. Hy bruis baie! Gooi nou die 2 mengsels in n groot 10L emmer en klits goed saam. Terwyl jy klits tap 8L warm water by. Die twee mengsels maak chemiese reaksie en moet n jellieagtige tekstuur maak. Drup nou paar van jou gunsteling olie by bv laventel olie. Laat afkoel en klits nou en dan deur. Gebruik 1 koppie op normale bondel.Is hipo allergies en kan op baba klere gebruik word!
 
2) WASGOED POEIER
250g boraks, 150gwassoda, 140g Oxyclean (jy kan dit uitlaat, maar ek het 'n morsige kind en man), 1 koekie sunlight seep (groen, pienk of wit), 180g koeksoda, Rasper seep fyn, meng met res van bestanddele en hou in emmer of bottel wat dig sluit.Gebruik 1-2 eetlepels per bondel wasgoed.
Jy het slegs 2 eetl poeier nodig per swaar vrag (7-8kg) wasgoed! Die koeksoda maak die witgoed witter, gekleurde goed helderder. Verwyder ook alle reuke. Die Boraks maak wit goed witter, verhoog die pH van die water wat die werking van die seeppoeier verbeter.

3) SKOTTELGOED SEEP
400g waspoeier (seep poeier), 500 ml kookwater
750 ml vloeibare skottelgoedseep (SunlightLiquid), 250 ml brandspiritus, 250 ml suurlemoensap,
5 liter koue water.
Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot 'n pasta. Laat afkoel. Los die skottelgoedseep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op. Voeg die waspoeierpasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die opwasmiddel en verseël dit. (Ongeveer 6 liter)

4) SEEP (OORSKIET STUKKIES)
Maak genoeg stukkies bymekaar om ‘n ou koffieblik (750g) driekwart te vul. Wanneer genoeg bymekaar gemaak het, gooi in ou kastrol, meng met 1lt kookwater, en smelt oor lae hitte en roer tot heeltemal gesmelt. (Egter nie noodsaaklik dat dit heeltemal smelt nie, solank die stukkies net aanmekaar kleef) Voeg by ‘n klein botteltjie gliserien en 2 eetl olyfolie. Gooi uit in langwerpige bak en laat in son hard word. Wees net versigtig om nie die rookwalms van die smeltende seep in te asem.

5) DISHWASHING MACHINE WASSING CUBES
1 cup Borax
1 cup Washing soda
1/4 cup Epsom salts
3/4 cup Lemon juice
Plastic ice cube trays

1. I start the process by mixing all of the dry ingredients together. They need to be mixed well so each will be spread evenly through the finished detergent cubes.

2. When the dry ingredients are thoroughly combined, I take a cup of the powder and add it to another bowl and add four tablespoons of lemon juice. The mixture needs to be a little wet and sticky but not soaking wet. The mixture will begin to foam when the juice is added, this is a normal part of the process.

3. When the powder is ready to use, I add a little each each mold, making sure to pack it down so the finished cubes will not crumble. Fill each mold completely. As I run out of mixed powder, I make another batch as before. Continue the process until all of the ingredients have been used.

4. Once the trays are full, place them somewhere dry. I usually place them in a sunny window so they will dry quicker and the cubes should dry completely overnight.

5. Once dry, simply flip the trays over and knock out the finished detergent cubes.

Ta da! These cubes are easy to make and work wonders in my dishwasher.
 


6) HANDGEMAAKTE BAD SEEP (Dié metode maak gebruik van tradisionele seepkook-tegnieke en kan tot vier weke duur om uit te droog.)
Jy benodig:
• 350 g soliede klapperolie
• 250 g soliede palmolie
• 28 g kakaobotter
• 350 g groenteolie
• 50 g nagblomolie
• 151 g seepsoda
• 367 g mineraalwater
• 15 ml vlugtige olie
• koskleursel (opsioneel)
• gedroogde bestanddele van jou keuse, bv. roosblare (opsioneel)
So maak jy:
1) Verf twee plastiekhouers (om en by so groot soos ’n broodpan) met ’n bietjie kookolie. Voer dit met waspapier uit en vryf dit glad.
2) Weeg eers die klapperolie, palm- olie en kakaobotter af en sit dit in ’n swaarboompot. Voeg dan die groente- en nagblomolie by.
3) Verhit oor ’n lae hitte en roer met ’n metaal- of plastieklepel tot alles gesmelt het en goed gemeng is. Haal van die plaat af.
4) Sorg vir goeie ventilasie, trek ’n voorskoot en handskoene aan en sit ’n veiligheidsbril op. Weeg die seepsoda in ’n aparte glasbak af. Meet die water in ’n vuurvaste glashouer af en voeg die seepsoda versigtig by. Moenie die dampe inasem nie en oppas dat jy jou nie brand nie, aangesien die mengsel hitte vrystel.
5) Gebruik twee termometers om die temperatuur van die olie- mengsel en die loog afsonderlik te meet. Sodra albei 49 °C is, kan die loog versigtig by die oliemengsel gevoeg word.
6) Roer heeltyd met ’n ballonklitser tot dit begin verdik. Dit is gereed wanneer jy ’n lepel van die mengsel skep en dit ’n duidelike spoor los wanneer dit in die pot drup. Dié stap kan van 10 minute tot ’n uur duur.
7) Voeg die vlugtige olie en enige ander bestanddele soos die kleursel en roosblare by.
8) Gooi die mengsel in die houers, bedek dit met ’n stuk karton en laat dit vir 24 uur op ’n warm, droë plek staan om te stol.
9) Sodra dit gestol het, kan jy die seep uitkeer en versigtig met ’n skerp mes in skywe sny. Jy kan ook ’n koekiedrukker gebruik om vorms uit te sny. Pak die seepkoekies op ’n gevoerde bakplaat en laat dit vir vier weke staan om heeltemal uit te droog. Draai dit af en toe om.

6) BAD BRUISKORRELS/SOUT
Hierdie is presies dieselfde resep as vir bruisballe, maar dis heelwat vinniger om te maak en jy besluit self hoeveel jy by jou badwater wil voeg. Verpak dit in ’n lugdigte houer saam met ’n mooihout-skeplepeltjie.
Jy benodig:
 • 500 g koeksoda
• 250 g sitroensuur
• 250 g mielieblom
• 5 ml vlugtige olie
• 1-2 druppels koskleursel (opsioneel)
• Berghasel (witch hazel)
So maak jy:
1) Gooi die droë bestanddele in ’n groot mengbak en meng dit goed deur met jouhande. As jy gedroogde blomme wil byvoeg, kan jy dit nou doen.
2) Voeg die vlugtige olie en kleursel (as jy dit gebruik) by en vryf dit metjou vingerpunte by die droë bestanddele in.
3) Gooi die berghasel oor in ’n spuitbottel en spuit ’n paar keer oor diemengsel. Moenie te veel spuit nie, anders gaan dit begin bruis. Meng dit goeddeur met jou vingerpunte – dit moet die tekstuur van klam sand hê.
4) Hou aan spuit en invryf tot jy korrels kry wat omtrent so groot soos10c-muntstukke is.
5) Gooi die korrels op ’n bakplaat wat met waspapier gevoer is en laat dit indie oond op sy laagste stelling uitdroog. Ná omtrent 20 minute sal dit kliphard wees en gereed vir verpakking.


(Rhona)