Thursday 21 August 2014

Sjokolade melktert




Sjokolade melktert
Lewer 1 middelslag tert
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.
KORS
100 g botter, versag
 80 ml (⅓ k) gouestroop
 2 eiers
 50 g sjokolade, gesmelt
 200 ml (¾ k) meel
 5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout
VULSEL
4 groot eiers, geskei
 2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
 750 ml (3 k) melk
 30 ml (2 e) meel
 30 ml (2 e) mielieblom
’n knippie sout
 80 ml (⅓ k) gouestroop
 250 g botter, in blokkies gesny
VIR VOORSIT
gerasperde sjokolade vir garnering
1.Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-tertpan.
2.Kors: Klits die botter en stroop saam en voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elkeen goed klits. Roer die gesmelte sjokolade in.
3.Sif die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die eiermengsel by en roer om ’n gladde pasta te vorm.
4.Sprei die korsmengsel egalig oor die bodem en kante van die voorbereide tertpan.
5.Vulsel: Klits die eierwitte tot skuimend, voeg die vanielje-ekstrak by en klits tot stywe punte vorm.
6.Meng 125ml (½ k) van die melk met die meel, mielieblom, sout en stroop tot glad. Sit eenkant.
7.Bring die oorblywende melk tot net onder kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte en roer die meelmengsel in. Sit terug op die hitte en roer aanhoudend tot die mengsel verdik. Voeg die botter bietjie-bietjie by en meng goed. Klits die eiergele in die verhitte melkmengsel in.
8.Vou die eierwitte sagkens in. Giet in die voorbereide pan. Bak 20 minute. Laat afkoel.
9.Vir voorsit: Strooi gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor.