Thursday 7 August 2014

Klam Piesangbrood




Piesangbrood
Die geheim van 'n lekker klam piesangbrood is natuurlik oorryp piesangs. Hoe ryper, hoe lekkerder en geuriger die brood.

Die resep is 'n groot resep - dit lewer drie piesangbrode. Dit vries baie goed. Draai die broodjie in cling wrap toe, en dan in tinfoil. As jy hom ontvries, ontvries hom net so in die cling wrap, anders mag hy dalk klam trek en dit is glad nie aptytwekkend nie.

Piesangbrood
250 g margarien
500 ml suiker
6 eiers
5 x 250 ml + 60 ml koekmeelblom
3 ml koeksoda
30 ml bakpoeier
7 ml sout
750 ml fyn piesang (8-10 groot piesangs)
15 ml vanillageursel

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer drie klein broodpannetjies goed.
Room die botter en suiker. Klits die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel, koekoda, bakpoeier en sout saam. Vou die droë bestanddele afwisselend met die fyn piesang in die bottermengsel in. Verdeel die beslag tussen die drie broodpannetjies. Bak vir ongeveer 60 minute of tot gaar.
Variasie:
Vir ietsie anders kan die beslag ook in gesmeerde muffinpanne geskep word. Bak dan vir 20-30 minute by 180 grade