Monday 11 August 2014

GEBAK VIR DIABETE



GEBAK VIR DIABETE
SJOKOLADEKOEK (Groot kookboek vir diabete)
Porsies: 20 Koolhidrate per porsie: 18.7g Energie per porsie: 593kj

75ml kakaopoeier
150ml kookwater
250ml fruktose
125ml margarien
2 eiergele

250ml volkoringmeel
250ml koekmeel
5ml koeksoda
5ml kremetart
Knip sout
10ml vanilla
150ml laevet karringmelk of ongegeurde laevet joghurt
4 eierwitte, styfgeklits

Meng kakao en kookwater tot glad. Laat afkoel. Room margarien en fruktose. Roer eiergele en kakaomengsel by margarienmengsel. Meng meel, kremetart, koeksoda en sout met ‘n opligbeweging. Roer droë bestandele, geursel en karringmelk om die beurt by die margarienmengsel. Vou eierwitte in. Giet in ‘n gesmeerge enkellaagpan (230mm deursnee en 60mm diep) of twee laagkoekpanne (210mm deursnee). Maak gelyk bo-op met ‘n effense duik in die middel. Bak teen 180° C vir 35-45 min (enkellaag) of 20-25 min (2 laagkoekpanne). Toets vir gaarheid. Keer koek op draadrak uit. Laat afkoel voor versiering.

LET WEL: VOEDINGSINLIGTING SLUIT NIE VERSIERING IN NIE.

VERSIERING:
Drup of smeer diabetiese sjokolade oor en/of gekapte neute.
 
  • Gebak vir diabete

    Aan dié resepte mag diabete sonder skuldgevoelens weglê. Vele versoeke is hiervoor ontvang. Lekker!


    Appelkoek

    Gebruik soet, rooi appels vir dié resep.

    625 ml koekmeelblom
    15 ml koeksoda
    10 ml kaneel
    2 ml neutmuskaat
    5 ml sout
    250 ml sagte, laevet-margarien
    10 ml vanieljegeursel
    2 ekstra-groot eiers
    5 ml vloeibare kunsmatige versoeter
    4 x 250 ml (4 k) gerasperde soet appels
    250 ml gemengde neute, gekap

    Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n pan van 30 cm. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die droë bestanddele, voeg die margarien, eiers en versoeter by en meng goed. Roer die appels en neute by. Skep in die voorbereide pan en bak vir 40-50 minute tot gaar.

    Lewer een groot koek.

    Speserykoek met suurroom

    Dié koek is effens ryker as die ander en bly ook langer vars.

    80 ml laevet-margarien
    45 ml kunsmatige versoeter
    2 ekstra-groot eiers
    10 ml kaneel
    5 ml fyn naeltjies
    5 ml neutmuskaat
    500 ml koekmeelblom
    5 ml bakpoeier
    2 ml sout
    125 ml water
    250 ml suurroom
    125 ml pitlose rosyne, gekap
    60 ml pekanneute, gekap

    Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n koekpan van 30 cm. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verroom die margarien en versoeter tot romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die speserye by. Sif die meel, bakpoeier en sout bo-oor die margarienmengsel. Meng die water en suurroom en voeg by. Voeg die rosyne en neute by. Roer alles saam tot goed gemeng. Giet in die voorbereide pan en bak vir 30-35 minute tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in ‘n lugdigte houer.

    Lewer een middelslagkoek.

    Teebroodjie

    Geniet dié broodjie louwarm met ‘n koppie tee.

    1 pakkie (15 g) kitsgis
    60 ml louwarm water
    45 ml kunsmatige versoeter
    5 ml kaneel
    1 ml sout
    2 ekstra-groot eiers
    125 ml melk
    60 ml olie
    375 ml volkoringmeel
    250 ml koekmeelblom
    60 ml sultanas, gekap
    60 ml pekanneute, gekap
    Ekstra koekmeelblom

    Los die gis in die water op. Meng die suiker, kaneel, sout, eier, melk en olie in ‘n groot bak. Voeg die gismengsel, mele, sultanas en neute by. Meng goed. Voeg genoeg ekstra meel by om ‘n sagte deeg te verkry. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie vir ongeveer 10 minute tot glad en elasties. Plaas in ‘n gesmeerde broodpan van 10 cm x 25 cm, bedek en laat rys deeg op ‘n warm plek tot dubbel in volume. Voorverhit die oond tot 180 °C en bak vir 35-40 minute tot goudbruin. Lewer een middelslagbroodjie.

    Lemoenkoekies

    Dié koekies het ‘n skontekstuur en herinner aan outydse rotskoekies, maar in plaas van speserye is hulle met lemoen gegeur. Eet die koekies binne twee dae.

    Sap en fyngerasperde skil van 1 lemoen
    125 ml laevet-margarien
    30 ml kunsmatige versoeter
    1 eier
    500 ml koekmeelblom
    2 ml bakpoeier
    2 ml koeksoda
    1 ml sout
    125 ml karringmelk

    Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ‘n paar bakplate. Verroom die margarien en versoeter tot lig en voeg die eier, lemoensap en -skil by. Klits goed. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en roer dit om die beurt met die karringmelk by die droë bestanddele in. Skep teelepelsvol op die bakplate (laat genoeg spasie tussen elkeen, want die koekies sprei) en bak vir 10-12 minute tot liggoudbruin. Laat effens afkoel op die bakplate en pak dan versigtig op draadrakke. Wanneer afgekoel, bêre in lugdigte houers.

    Lewer 40 koekies.
     
  • Brandewyntert
    Deeg
    250 ml gekapte

    dadels (150 g)
    5 ml koeksoda
    250 ml sterk, warm rooibostee
    50 ml sagte
    margarien
    2 ml vloeibare
    versoeter
    (vervang 25 ml suiker)
    1 middelslag eier, geklits
    2 ml vanielje- of
    karamelgeursel
    1 groot Granny Smith-appel geskil,
    gerasper (150 g)
    200 ml semelryke bruismeel
    5 ml bakpoeier
    2 ml gemaalde kaneel
    0,5 ml gemaalde naeltjies
    1 ml gemaalde
    gemmer
    60 ml gekapte
    pekanneute (20 g)

    Sous
    150 ml appelsap
    25 ml brandewyn
    5 ml vanieljegeursel
    2 ml vloeibare
    versoeter, opsioneel
    (vervang 25 ml suiker)

    Deeg: Plaas die dadels in ’n mengbak en strooi koeksoda oor. Giet die warm rooibostee oor die dadels, laat dit afkoel en roer die mengsel om dit te verpulp. Klits die margarien, versoeter, eier en geursel tot lig en romerig. Roer die gerasperde appel by die geroomde mengsel. Meng die droë bestanddele en roer om die beurt met die dadelmengsel by die geroomde mengsel. Skep in ’n gesmeerde tertbord van 160 mm x 160mm x 50 mm. Bak 25-35 minute by 180 °C in ’n voorverhitte oond tot gaar. Giet die warm sous oor die tert sodra dit uit die oond kom. Verhit die appelsap, verwyder van die hitte en geur met die brandewyn, geursel en versoeter. Giet die warm sous oor die warm tert. Sit louwarm voor met of sonder room. Die gereg kan suksesvol gevries word. Lewer 12 stukkies.

    Gebakte kaaskoek
    Kors
    200 g Betta Snack-volkoringbeskuitjies
    25-50 ml onversoete appelsap

    Vulsel
    250 g gladde, vetvrye maaskaas
    150 ml ongegeurde, vetvrye jogurt
    100 ml laevetmelk
    10 ml suurlemoensap
    3 eiergele, geklits
    4-6 ml vloeibare versoeter
    5 ml vanieljegeursel of 2 ml fyngerasperde suurlemoenskil
    30 ml koekmeelblom
    10 ml mielieblom
    5 ml vlapoeier
    4 eierwitte, styf geklits
    Gerasperde neutmuskaat (opsioneel)

    Kors: Rol die beskuitjies met ’n rolstok fyn, voeg net genoeg appelsap by om ’n klam mengsel te vorm en druk dit vas op die boom van ’n ronde losboompan van 230 mm. Verkoel tot benodig.

    Vulsel: Meng ál die bestanddele vir die vulsel, behalwe die eierwitte en neutmuskaat, tot glad. Vou die styfgeklitste eierwit by die maaskaasmengsel in. Skep die vulsel in die losboompan en strooi neutmuskaat oor. Bak 60 minute by
    160 °C in voorverhitte oond tot vulsel gestol is. Skakel oond af en laat die kaaskoek 60 minute in die oond afkoel terwyl die oonddeur effens oop is. Verkoel voor opdiening.
    Lewer 16 stukkies.

    Nellie se gisbeskuit
    1 000 ml koekmeelblom (480 g)
    500 ml volkoringmeel (260 g)
    250 ml spysverteringsemels (45 g)
    15 ml sout
    10 g pakkie kitsgis
    100 g margarien of botter
    500-600 ml louwarm laevetmelk
    10 ml vloeibare versoeter (vervang 125 ml suiker)

    Meng die droë bestandele. Vryf die margarien of botter in die droë bestanddele tot die mengsel soos klam broodkrummels lyk. Roer die versoeter by 500 ml van die louwarm melk. Voeg die melk by die droë bestanddele en knie vir 8-10 minute tot ’n sagte, elastiese deeg. Voeg aan die begin van die knieproses meer louwarm melk by, indien nodig, maar wees versigtig om nie die deeg te slap aan te maak nie. Bedek die deeg met ’n plastieksak en skoon vadoek. Laat 2½-3 uur by kamertemperatuur rys of tot dubbel die volume. Knie die deeg af. Verdeel en rol in deegporsies en pak in een groot of twee gesmeerde, middelslag broodpanne. Bedek, soos voorheen, en laat rys tot dubbel die volume. Bak 1 uur by 180 °C in ’n voorverhitte oond tot strooikleurig en gaar. Keer die beskuit op ’n draadrak uit en laat afkoel. Breek in stukke en droog oornag by 80 °C of in die lou-oond uit.
    Lewer 56 beskuite.

    Appelkoosteebrood
    125 ml droë appelkose (75g)
    250 ml warm rooibostee
    1 groot piesang (75 ml puree)
    125 ml sagte pruimedante, gesnipper
    100 ml gekapte kasjoeneute (50 g)
    5 ml vloeibare versoeter (vervang 62,5 ml suiker)
    25 ml canola-olie
    2 groot eiers, geskei
    1 ml sout
    500 ml Sasko semelryke bruismeel (260g)
    2 ml gerasperde neutmuskaat
    200 ml laevetmelk

    Kook die appelkose vir sowat vyf minute in die rooibostee tot sag. Laat tot kamertemperatuur afkoel. Verpulp die appelkose, vloeistof en piesang in ’n voedselverwerker. Roer die pruimedantsnippers, neute, versoeter, olie, geklitste eiergele en sout by die appelkoosmengsel. Roer die bruismeel en neutmuskaat om die beurt met die melk by die vrugtemengsel in. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie, en vou by die deeg in. Skep die deeg in ’n gesmeerde broodpan met ’n volume van 2 liter en maak dit gelyk. Bak 45-55 minute by 180 °C in ’n voorverhitte oond tot goudbruin en gaar. Laat appelkoosteebrood 5 minute in die pan afkoel. Keer op ’n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.
    Lewer 1 brood (18 snytjies).

    Opmerking
    Bêre die brood vir 2-3 dae in ‘n lugdigte houer. In warm weer is dit raadsaam om die brood te verkoel of in snytjies te sny en te vries.

    Kookboek vir Diabetes