Friday 18 July 2014

Vinnige frikkadelsop




Vinnige frikkadelsop (Huisgenoot)
Jy kan dié Italiaans-geïnspireerde gereg ’n ryker smaak gee deur fyn gerasperde parmesaankaas by te roer.
Bestandele
30 ml (2 e) olyfolie...
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 blikke (410 g elk) kersietamaties
10 ml (2 t) worcestersous
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper
300 g wors
250 ml (1 k) basilieblare
broodstokkies vir voorsit (opsioneel)
Metode
1. Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel sowat ’n minuut.
2. Voeg die kersietamaties by en bring tot kookpunt. Voeg die worcestersous, sagte bruinsuiker, sout en peper by. Laat prut ’n paar minute tot lekker geurig.
3. Druk die vleis uit die wors, rol in klein frikkadelle en braai liggies in ’n bietjie olie.
4. Voeg by die sop, kook liggies deur, garneer met basilieblare en sit voor met broodstokkies indien verkies.