Friday 18 July 2014

Heerlike springmieliestafies




Heerlike springmieliestafies
Lewer 12 stafies
Bereiding: 5 min.
Bak: 10-12 min.
Afkoel: 2 uur
...
Benodigdhede:
•750 ml (3 k) springmielies, klaar geskiet

•125 ml (½ k) rosyntjies
•80 ml ( k) sjokoladevlokkies
•125 ml (½ k) bruinsuiker
•80 ml ( k) water
•45 ml (3 e) heuning
•90 g donkersjokolade
Maak so:
1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat van 30 x 20 cm met olie.
2 Meng die springmielies, rosyntjies en sjokoladevlokkies en skep in ’n bakplaat.
3 Verhit die suiker, water en heuning in ’n klein kastrol oor lae hitte tot die water met die helfte verminder het.
4 Gooi die warm suikerstroop oor die springmielies en bak 10-12 min. Wanneer dit klaar is, haal uit die oond en laat dit in die bakplaat afkoel. Sny in stafies.
5 Smelt die sjokolade ½-1 min. in die mikrogolfoond en roer elke ½ min. Giet die sjokolade oor die stafies. Sit voor.